Wie is onbeskaamd?

Ons is ‘n Afrikaanse aanbidding span wat in 2008 begin het. Ons beweeg deur Suid-Afrika om die liggaam van Christus op te bou deur Musiek en Woord. Onbeskaamd het tot nou toe 11 albums vrygestel waarvan die mees onlangste een die titel dra “My God Veg Vir My”.

Ons is steeds verbaas hoe dat God deur ons beweeg en hoe dat God die “hele familie” bereik deur Onbeskaamd se musiek. Dit is vir ons so ‘n groot voorreg om te sien hoe dat mense se harte terugdraai na Jesus toe wanneer hulle Sy teenwoordigheid beleef.

Ons is ook steeds verbind daaraan om binne en buite die vier mure van die kerk die Goeie en opwindende nuus van Jesus te verkondig.

Ons hoop om altyd ons Afrikaanse-geloofsgemeenskap te kan bedien en bereik deur getrou te bly die Een wie ons bedien en bereik het en steeds doen.

Mag ons almal se lewens Onbeskaamd sing van Hom!

 Stass