Onbeskaamd
Onbeskaamd is ‘n “Worship” projek wat einde 2007 begin het. Die doel is om God se liggaam op te bou en ‘n nuwe generasie worshippers op te rig binne en buite die vier mure van die kerk. Hulle gebruik die middel van musiek om die doel te bereik.
Vanaf 2007 het hulle 3 lewendige DVD’s en 2 studio albums vrygestel waarvan Onbeskaamd Kids die nuutste is (Januarie 2012). Die groep beplan ook om binne kort die 2de “Herwin” album op te neem. Dis waar hulle ou koortjies en gesange vat en ‘herwin’ vir vandag se gebruik. Dit is liedjies wat woord gefundeerd is en ook baie spesiaal vir die groep is.
Albums tot nou toe:
Onbeskaamd (2007)
Onbeskaamd2 (2009)
Herwin (2010)
Onbeskaamd-Onbeweegbaar (2011)
Onbeskaamd Kids (2012)
Binnekort:
Herwin 2 (April 2012)
Musikante tans deel van die groep:
Stass (Worship leier)
Carindé van Schalkwyk (Vocals)
Jessie Pretorius (Vocals)
Annie Curtin (Keyboard en Vocals)
Naas Hefer (Dromme)
Riaan Hefer (Bass)

