Opwindende nuus! Onbeskaamd se volgende “live” CD & DVD opname vind plaas die 12de Junie 2015 by die Atterbury Teater om 19h30! Kaartjies is beskikbaar teen R120.00 by Computicket.
Die tema van die aand asook die titel van die album is: NOGTANS
Elke mens op aarde word gekonfronteer met moeilike omstandighede, storms, woestyne, hartseer, angs & desperaatheid. En wanneer die donker aan jou deur kom klop & jy ‘n bitter beker drink… sal jy as volgeling van Jesus kan sê: “…Nogtans, sal ek glo in Jesus?”
Dit gaan ‘n aanbiddingsbelewenis wees wat die siel & gees gaan verkwik & elkeen gaan uitdaag om selfondersoek in te stel.
Ons nooi alle “nuwe generasie” aanbidders (oud & jonk!) om hierdie lofprysings- en aanbiddingsaand saam met ons mee te maak!
No comments